• Stories

    Dis’ maar ‘n kort een hierdie (en die taal en spelling is glad nie perfek nie) – maar ek het belowe en hier is dit. Nita, dis’ vir jou en vir die romanse van “Die Taal”. Toe ek nog baie klein was nog net ‘n pikkie, met groen oggies en lang poniesterte – het ons aande spandeer rondom kombuistafel en kaart gespeel. En nie net het ons kaart gespeel en die koekies wat my Ma geknie en gebak het met dik snye plaasbotter en tuisgemaakte appelkooskonfyt geëet nie, maar ons het ook gesels. Gesels en stories vertel. Stories vertel – en geluister na die VOF (Vroulike Ouer Figuur) se sussende…